Tuesday, May 17, 2011

Makeover deel 2

Ek is al heel maand besig om my woonstel oor te doen, so ek het nie baie tyd gekry om te skryf nie.  Dinge lyk al baie beter, en ons het dit al reg gekry om 1 vertrek te verf, nuwe gordyne op te sit ens.  Ek het genoem dat ek n foto sal opsit, maar ek is nou half pad met my projek, so ek sal n kiekie neem sodra ek klaar is. My sper datum is 30 Mei.

Ek het my eie gordyne gemaak, met grys en swart materiaal, en dit lyk awesome!!  Dit het my baie goedkoper uitgewerk as wat ek dit sou gaan koop het, en dit is regtig maklik om te maak. Dit help ook natuurlik as jy n naaldwerk masjien het.  Dit is eintlik maar net n dubbel soom en ruffling (die wit gedeelte waar jy die hakkies insit)  Ek hoop ek het dit reg gespel.

Het n paar nuwe plante geplant in die tuin, en dit lyk al beter.  Met die winter gaan dit moeilik wees om die tuin te onderhou.  Hopelik besluit my gras om nie die emmer te skop nie.