Tuesday, April 5, 2011

Koos kombuis en die res!

Ek het nou al amper vergeet van die blog, want ek het nog net 2 followers al vir die afgelope maand.  Ek het die gewoonte om n blog te begin, maar gou verveeld te raak met die onderwerp.  Ek het gedink dat ek die blog sal omskep in iets van alles.  Create and Appreciate sal verander na afrikaans toe, ek is nog nie heeltemal seker hoe ek dit gaan vertaal nie, maar ek sal wel n plan maak.

Ek wou so graag foto's van ons Hartebeespoortdam experience opgesit het, maar my foon wil ongelukkig niks daarvan weet nie, en het al die foto's êrens gaan bere, waar ek hulle nie weer gaan kry nie.  Dis n nuwe foon ,"touch screen" , maar ek gaan hom moet of inruil, of verkoop.

Ek het gister aand klaar gemaak met n boek "the world according to Garp"  wat baie intens was. Dit was baie goed, en dit het my brein laat oortyd werk vir n week lank. So ek het besluit om ietsie ligters te takel hierdie keer.  Ek is nou besig met Koos Kombuis "die tyd van die kombi's, en ek is vandag eers klaar met die eerste hoofstuk. Ek kon nie ophou lag nie.  Ek lees maar so tussen deur my kantoor werk.  Dit is my eerste Koos Kombuis, en ek sien al klaar uit om die res te lees. 

Snaaks genoeg was lees nie altyd vir my lekker nie. As ek 1 boek alleen deurgelees het op Hoerskool, was dit baie. My liefde vir lees het omtrent eers 4 jaar na skool ontwikkel, en ek is nou 26. So vir 4 jaar nou, lees ek "non stop", en ek kan dit nou amper n verslaafdheid noem.

Dit is hoekom ek nie meer my blog wil beperk nie. Ek het te veel liefde vir te veel goed, kuns, boeke, crafts, familie, vriende, en en en....
Hiedie is MY blog, met al MY gunsteling dinge in die lewe, en as iemand dit met my wil deel, is hulle meer as welkom.

No comments:

Post a Comment